28.1.08

eerste kerskonsert 2006



En kyk wat het ma hier aangedra vir ons!


Hulle noem hom Rocco Johan Goosen!


Dit sal natuurlik probleme gee want oupa was gewoond net aan jou en jy gewoond om die enigste te wees wat aandag kry, en jou ma wou nie te gou weer reproduseer nie en en en .


Maar ek dink nie jy hoef bekommerd te wees nie: jy is jy en Rocco is Rocco en Oupa is oupa en en en en .


Saam sal ons hom seker groot kry.

Al lyk hy soos oupa. Oupa het mos darem groot geword!

10.7.05

eerste kerskonsert 2006

Uiteindelik!


12 Mei 2004

Was daar al 'n mooier meid in die noordelike halfrond?!






















Behalwe 'n ma het jy 'n pa gekry











en 'n ouma in Holland








'n oupa in Holland






en 'n oumaplaas en 'n oupawatopdieseeis en 'n hele boel ooms en tantes, maar jy wou mos toe in die koningin se land gaan woon en net een tante kon die uitvlug na die engelse land neem en by jou bly. Toevallig dat jy soos sy lyk!




Ons gee jou kos en liefde en kos en so groei jy en ontwikkel jy tot wat ons weet die beste meid in die noordelike halfrond sal wees.









Ook sal ons almal sorg dat jou eerste taal die een is wat ek hier skryf en al sal jy praat soos een van die subjects van die Queen aan die engelse taal en nie soos ons kolonianers nie, hoop ons die reuke en geure van verre springbokland bly:

daarvoor sal die smaak van biltong en droewors van vroegaf aan in jou smaakkliere ingebring word.

Soos jy opgroei sal ons altyd naby jou bly, en net oupa en ouma wees.

Jy moet nooit dink dat jy ooit alleen sal wees nie: iewers sal altyd iemand wees wat net vir jou lief is, wat altyd sal wil luister as jy seer het, as jy bly is: jou vreugde sal ons vreugde wees, jou huil sal ons huil wees.

By ons sal altyd plek vir jou wees.

Jy is gedoop en daarom is ook Jesus lief vir jou.








Mei 2005: 1 jaar!







Julie 2005:

Onse meid begin kruip: waar is daar 'n beter geleentheid om jou aan die vlag van verre SA voor te kon stel! Die vlag sal jy swaai (of geleer word om te swaai) as die bokke speel.






September 2005:


oupa ouma en oumagrootjie kom kuier: kan jy nou sien hoe belangrik jy vir ons is? Ons het almal spesiaal kom kyk hoe jy jou eerste treetjies gegee het, en in hierdie vreugde moes ons kom deel. Mag die res van jou treetjies grooter en beter word en jy sal groot spore trap. Jy het 'n kleuter geword; jy kommunikeer

met ons en jy lag met ons en jy raak alhoemeer deel van ons! Weet dit: jy gee vreeugde en ons doel is om dieselfde aan jou te doen.







Ek hoor jou "oupa"al se die ander dis toevallig: daai "oupa" van jou doen iets aan my wat ek nie kan beskryf nie, al wat ek kan se is dankie dat ek dit kan en mag beleef het!










14 November 2005


Soos 'n warrelwind, nee meer soos tornado Poeksie het jy ons die naweek getref. Dit holrond, dit praat vreemde tale: dit is net besig! Ons kon jou aan al die bure toon, ons kon lekker met jou op die skoot sit en gesels , ja, oupa het selfs die twyfelagtige voorreg gehad om jou vuil nommer twee doek skoon te maak!


Dis natuurlik saterdag oggend 6 uur gewees toe net ons twee wakker was en die ander nog geslaap het: a man got to do what he got to do.




Die pyn van jou weer sien ry is onbeskryflik, m

aar die vooruitsig om jou weer te sien oor iets meer as 'n maand is die troosprys. Dit sal kersfees 2005 wonderlik maak.






Ons kon jou darem via die webcam aan oom Frans in Bloem wys en hy stem saam: jy bly nog die mooiste meid in die noordelike halfrond (hy het blykbaar sy eie in die suidelike halfrond wat hy aanhang, maar oupa sluit die suidelike halfrond in by die definisie.)

Dankie vir die heerlike voorreg om julle by ons te kon kry die naweek, en mag daar nog vele wees.

kersfees 2005;

In ons grootgroepe het ons weer toegesak op die engelse land: oupa en ouma van Nederland,

Ouma plaas ( en oom Koos), Oom Phillip-Karl, tannie Bernadette, Michael en klein Phillip (mr Bean) en natuurlik die locals- Jennefer en Stephen. Saam kon ons mekaar en ,vir die wat totaal bevooroordeel is- die oumas en oupa, jou geniet. Nou is daar nie meer twyfel nie: jy weet wie oupa is, ouma Danette kry 'n jeeeeeey uit jou en die ander word al herken. Veral oom Stephen is die groot favorate- hy's duidelik die man vol sprts in jou oe!

Dit was lekker om saam met almal te kon wees , alhoewel ons vir oom Frans en Gidjon gemis het. Die lekkerste is egter om jou te kon geniet en te sien hoe jy beter met jou omgewing en mense kommunikeer. Die ou dwars ogie tref soms lelik skeef, maar dit maak jou wat jy is: dierbaar vir oupa!

12 April 2006

Vandag kry jy 'n ou brillietjie! Hulle se my dis waarom die ogie skeeftrek: blykbaar versiende. Oupa is ook , hoor. Dit maak nie saak nie, dis net 'n las wat mens maar gewoond raak. kan nie wag om te sien hoe jy met die brillietjie lyk nie.

Gisteraand met jou oor diie telefoon gepraat. Daar is geen mooier woorde as hello oupa en baai oupa nie!

Dankie vir dit wat jy aan 'n hart doen!

12 Mei 2006:

2jaar!

Lekker om jou hier in Terneuzen te kon kry en ´n oranje verjaarsdag met al die buurt kindertjies te gee.


Kyk hoe groot is ons grootnooi nou!